Armand du Plessis ‘n perd van ‘n ander kleur

Inpireerend, motiveerend en ‘n rolmodel. Dis hoe ek Armand du Plessis opsom. Armand is nie net ‘n vriend vir my en ander om hom nie. Hy leer ander en is ‘n toon aangewende beeld van styl en klas. Sy sterk persoonlikheid maak van hom ‘n persoon met wie jy wil vriende wees. Armand sien potensiaal in ander en gee raad waar hy kan. Hy is ‘n wonderlike persoon, en hulp bied hy graag aan. Dankie dat jy die lewe daardie ekstra soetigheid gee. Die is beslis ‘n perd van ‘n ander kleur, wat beslis nog vêr gaan kom.

Morne Marais my inspirasie

‘n Brief aan my mentor:

Vriend, mentor, broer is Morne vir my. Iemand wat omgee vir ander en wat se deur altyd oop staan om elkeen om hom te help. Morne inspireer my en vorm my soos klei totdat ek my volle potensiaal bereik. Morne glo in elke taak wat ek aan pak en motiveer my. Hy is daar as ek hartseer is, as ek wil lag as ek raad nodig het of sommer net ‘n geheim met hom wil deel. Dankie dat ek deel van jou lewe kan wees en jy deel van my lewe is. Morne leer my, inspireer my en motiveer my.
#TeamMorneMarais

Met baie hi-5’s
Jou vriend, mentee en grootste ondersteuner
Fanie

SMS:
MRSA 065 na/to 47439

Geelbrief Gedig deur Fanie Nel

GEELBRIEF F.Nel

Geel, die kleur van sonskyn
Maar die kleur is net syn.
Geelbriefie wat jou tog so verklein
Soms wil jy net verdwyn

Huiswerk is ‘n euwel
Dit is bewys deur die gepeupel
Geel plus onnie is gelyk aan mag
Detensie is nou wat op ons wag.

Basta! Geelbrief, ons is ook bedrywig
Jy kom altyd onpartydig
Jy het oorwin
En ons gesink…